Port Elizabeth: MyPENelson Mandela Bay Tourism   
    Login or Register
    
 Search MyPE
MyPE News by Email
 MyPE Menu
Home
Classifieds
Contact the Editor
Forum
Monthly News List
News by Topic
Recommend MyPE
Search MyPE
Submit News
Top 10
WAP Access
 Support PE Business
 Columns
Alternative Health
Bounce Gig Guide
Bouquets
Brickbats
Burning Issues
Business
Business Online
Community
Crime
Editorial
Education
Entertainment
Environmental
Full Stop
General
Health
John Preller
Light Relief
Letters to Editor
Live Events
Local Government
PERCCI
Port Elizabeth Bargains
Sport
Traffic
Ward 1
Ward 2
Ward 3
Ward 5
Ward 6
Ward 7
Ward 8
Ward 9
 Business Directory
 Random Headlines

Get Online Tips
[ Get Online Tips ]

·How You Can Attract Links and Increase Web Traffic
·Use an Autoresponder Dummy
·Tips on Social Media Optimization
·We Have a Twitter Winner
·Idiot Proof Your Web Site Designer Choice
·SEO and Web Design Go hand in Hand
·Port Elizabeth WWW Applications Conference
·Guest House Booking Scam by 'Anthony Philips'
·Are Internet Directory Submissions Still Accepted as Good SEO?
 Google Ads

 Free Fax to Email
Free Fax Number
Get Free Fax to Email No.
 MyPE News Feed

Subscribe Via email or

 What's On

Events CALENDAR
Movies
TV from Tonight.co.za
MyPE Picture Gallery
YouTube PE Videos
Entertainment
Local PE Musicians
Restaurants
Historical Landmarks
Alternative Health
LIGHT RELIEF
Yoga in PE
VibroGym (PowerPlate)
Online Dating

 Port Elizabeth Books
 Richmond Hill News
·The Early Bird(s) get the Worm
·The Richmond Hill Chronicle
·Civic Committee Update
·Notes from the Moth
·Weekly Review - 16 July
·Nice one!
·Oh So YOU Live in Richmond Hill
·Public pavement or dog loo?
·To Coffee Shop or not to Coffee Shop, what a question …
·A new Wall

read more...
 Google Ads

 Rate MyPE

Rate MyPE here:

 MyPE on GSFA



GSFA: Group Sex For Amoebas

Property Poser: Deeltiteleienaars Moet Bewus Wees van hul Regte

Full Stopwww.MyPE.co.za: Ons leser woon in 'n meenthuiskompleks waar twee inwoners volgens haar die afgelope dekade die gedragsreëls totaal en al verontagsaam.

Een van hulle woon langs haar en sy optrede, sê sy, het 'n ernstige impak op haar lewensgehalte. Volgens haar, het sommige keelvol-inwoners al hul eenhede verkoop.

Die "skuldige" partye skuld glo ook groot bedrae aan agterstallige heffings.

Sy sê oor die jare het die verskeie bestuursagente nie die trustees geadviseer hoe om dié inwoners te hanteer nie en/of die trustees het nie die reëls geïmplementeer nie.

Verder is dit haar opinie dat die trustees amper "geheimsinnig" optree en dat geskrewe klagtes aan die bestuursagent nooit beantwoord of erken word nie.

Tania Schaëfer van Schaëfer Attorneys & Conveyancers in Port Elizabeth sê, kragtens artikel 35(1) van die Deeltitelwet Nr 95 van 1986, word deeltitelskemas deur bestuurs- en gedragsreëls beheer en bestuur.

"Indien die standaard-reëls, of dié wat deur die ontwikkelaar ingestel is, nie effektief is nie, mag die eienaars die reëls vervang of uitbrei om by die behoeftes van die betrokke skema te pas."

Schaëfer sê 'n effektiewe manier om gedragsreëls af te dwing, is deur die oplegging van waarskuwings en, indien oortreders nie gehoor gee nie, boetes.

Volgens haar moet bogenoemde deur die trustees, wie jaarliks deur die eienaars gekies word, hanteer word. "Dit kan ook aan die bestuursagent gedelegeer word."
 
Schaëfer sê hoewel die doel van die gedragsreëls is om die wyse waarop die inwoners hulself gedra, te reguleer, sal dit slegs effektief wees indien dit op eienaars en inwoners afgedwing word. "Eienaars en inwoners moet besef hulle het die mag om hul regte te beskerm en om nie deur 'n paar inwoners geterroriseer te word nie."

Sy sê dit vereis egter dat die eienaars en inwoners pro-aktief aan die bestuur van die skema moet deelneem. "Hulle kan dit doen deur oortredings en ongewenste gedrag by die trustees of bestuursagent aan te meld."

Verity Bigara van Rawson Properties PE sê eienaars moet ook die moeite doen om die vergaderings van die regspersoon by te woon en om die trustees dáár opdrag te gee om ongewenste situasies aan te spreek.

"Daar is 'n plig op die trustees om hul funksies (soos beskryf in die Deeltitelwet) behoorlik uit te voer. Dit sluit in om oortredings en klagtes te ondersoek en aan te spreek, om stappe te neem om heffings in te vorder, ensovoorts."

Bigara sê indien die trustees hul take nie uitvoer nie, verbreek hulle die vertrouensplig wat die wet op hulle plaas en kan hulle, in sekere omstandighede, persoonlik aanspreeklik gehou word vir skade wat deur die regspersoon gely word.

"Indien eienaars voel dat die trustees nie hul verpligtinge uitvoer nie, kan hulle nuwe trustees by die algemene jaarvergadering kies. Andersins kan hulle stappe, soos voorgeskryf deur die wet, neem om die trustees af te dank en nuwes te kies."

Indien die bestuur van die skema deur 'n bestuursagent hanteer word wat nie hul mandaat doelgerig uitvoer nie, kan hul dienste beëindig word en 'n nuwe agent aangestel word, aldus Bigara.

"Hoewel dit verstaanbaar is dat eienaars wie hulself in die leser se posisie bevind, magteloos voel, is dit noodsaaklik dat hulle hulself bemagtig deur kennis in te win aangaande hul regte."

CLICK HERE to have your property related questions answered courtesy of Coetzee Gouws from Full Stop Communications.
Posted by: mype on Saturday, October 24 @ 09:30:00 SAST
 
 Related MyPE News Items
· Full Stop Communications
· More about Full Stop
· News by mype


Most read story about Full Stop:
Property Poser: Repudiating Contract Could Lead to Damages Claim

 Article Rating
Average Score: 0
Votes: 0

Please take a second and vote for this article:

Excellent
Very Good
Good
Regular
Bad

 Options

 Printer Friendly Version Printer Friendly Version

"Login OR Register on the MyPE Community Here" | Login/Create an Account | 0 comments
MyPE aren't responsible for comment content. Please report offensive comments HERE

No Comments Allowed for Anonymous, please register
(c) www.MyPE.co.za

News | Forums | Classifieds | Business Directory | Port Elizabeth Photographers | MyZA | Advertise | 041 374 5855 | Budget Accommodation | Fax: 086 505 4114


MyCapeTown | MyJHB | MyAddo | MyStFrancis | Arniston | Toilet Paper Manufacturers | Endermologie | Decks | CCTV Port Elizabeth


PHP-Nuke Copyright © 2005 by Francisco Burzi. This is free software, and you may redistribute it under the GPL. PHP-Nuke comes with absolutely no warranty, for details, see the license.
Page Generation: 0.11 Seconds

Theme by MyPE ©